Bespreek asseblief per pos,  SMS of telefoon minstens 24   uur vooraf. Die ingangshek word gesluit en daar is nog by die  hek, nog elders op die plaas telefoonontvangs.

 

Die padaanwysings is op die hoofblad beskikbaar. Druk asseblief die aanwysings uit en moenie op GPS alleen staatmaak nie. Daar is geen telefoniese  hulp vir verdwaaldes nie.

 

 

                       Deelfontein Boskamp

Ander fasiliteite op Deelfontein   Plaasdierbesoeke vir kinders   Akkommodasie vir groepe tot 46 persone    Musiekkampe  Seminare en funksies    Sterrewag     Handwerkswinkel         

Akkommodasie vir 16 persone

 Die boskamp op Deelfontein bestaan uit drie tradisionele klip-en-klei-hutte met grasdakke, n lapa, 'n boma, en toiletgeriewe. Die bouvallige ou werkershuisies is gerenoveer toe die kamp in 2006 opgerig is, en die ander geboue is tussen die natuurlike bosse gebou om by die omgewing in te smelt en privaatheid te verseker. Die kamp is met n voertuig bereikbaar.

Omgewingsvriendelike materiale en bedryfstelsels is gekies om die impak van toerisme op die natuur te minimeer en energie en water te spaar. Daar is elektriese lig beskikbaar, maar geen muurproppe nie. Die verblyf is gerieflik en bied n natuurbelewenis in n onversteurde en afgele deel van die Koepel. Warm water word deur twee donkies voorsien.  

Twee hutte het elk twee kamers met hang- en pakplek, sowel as slaapplek vir 2 en 4 persone. Die kleiner kamer het een stapelbed met matrasse, die groter een twee. Hierdie hutte beskik ook oor n badkamer met stort en wasbak. Die derde hut het 'n enkele kamer met hang- en pakplek en twee stapelbeddens, en 'n badkamer. Die drie hutte is van mekaar en van die lapa deur die inheemse plantegroei afgeskerm. In die lapa vind u die braaigeriewe, gasstoof, opwasbak en tafels en bankies vir 16 persone. Die toiletgebou beskik oor twee moderne kompostoilette en twee urinale. Vergewis uself asseblief van die gebruiksaanwysings!

Die volgende toerusting word verskaf:

Hutte: Beddens, matrasse, hang- en pakplek.
Badkamers: Stort, wasbak, spiel, warm water uit donkie.
Toiletgebou: Twee kompostoilette, twee urinale.
Lapa: Braaiplek met rooster, gasstoof met vier branders en oond, enkelopwasbak, twee tafel-eenhede, potte, breekware, messegoed.                                                                                    Boma: Afgeskermde oop vuurmaakplek met bankies rondom en 'n kombuis met opwasbak en tafel.
Veilige parkering onder bome.
Naaste inkoopgeleentheid: Vredefort (14 km) en Parys (20 km).

Die volgende is nie beskikbaar nie: Beddegoed, handdoeke, yskas, televisie, braaihout, vuurhoutjies, telefoonontvangs, toiletpapier, skoonmaakdiens, opwasseep. Geen maaltye word voorsien nie; bring asseblief alle kos en drank self.

Besprekings

Gerhard Benade
Tel:   083 280 9784
gerhard(by)deelfontein.co.za

Inligting

Tariewe:

R280 pppn (Gastehuise) 
R250 pppn (Rondawel)
R180 pppn (Hutte)

R100 pp (Dagbesoekers)

Afslag: 25% 
(minimum 6 persone, 2 dae)

Midweekafslag: 50%
(minimum 6 persone, 3 dae)

Deposito: 50%
met bespreking.

Kansellasiefooie:
4 weke, 50% van deposito
2 weke, volle deposito

Webadres: deelfontein.co.za