Gerhard Benade - Curriculum Vitae

Gebore in Bray, Suidafrika, in 1958, bring Gerhard Benade sy eerste lewensjare op 'n plaas in die Kalahari op die Botswana-grens deur. Na die verhuising na Pietermaritzburg begin die skooltyd, wat in 1976 afgesluit word aan die Hoërskool Voortrekker. Hy was lid van die skoolkoor en Natalse Jeugkoor. Tydens sy skoolloopbaan word verskeie buitelandse reise saam met die familie onderneem.

Aan die RAU begin in 1977 'n studie in die natuurwetenskappe, wat in 1982 met die verwerwing van 'n meestersgraad in wiskunde afgesluit word. Gedurende die studietyd is hy 4 jaar lank lid van die Universiteitskoor.

Daarna begin fagotstudies by Leendert Booyens en later by Fanie Jooste. In hierdie tyd val die eerste kennismaking met staptoere en belangstelling in die natuur.

Aangestel by die Wiskundige Navorsingsinstituut van die WNNR, vestig Gerhard Benade in 1985 in  Pretoria. 'n Navorsingsbesoek van 9 maande in Florida, VSA, volg. In 1987 word hy aangestel as dosent aan die departement Wiskunde by RAU, en begin die doktorsgraadstudie onder Izak Broere in Grafiekteorie. Die musiekaktiwiteite in Roodepoort word ononderbroke voortgeset en gereelde huiskonserte vind aan sy woning in Melville plaas. Hy behaal die doktersgraad in 1991 in Grafiekteorie.

Tussen Augustus 1995 en Desember 2005 lewe Gerhard Benade as vryskutfagottis in Pforzheim, Duitsland, waar hy verdere privaatfagotonderrig by Prof. Albrecht Holder neem, asook 'n kontakstudie in die historiese fagotinstrumente aan die Musiekuniversiteit Trossingen onder Christian Beuse afsluit. Verskeie meestersklasse, orkeskursusse en ander opleidingskursusse dra tot die musiekopleiding by. Behalwe musiekonderrig aan verskeie musiekskole in die omgewing en die spel in verskeie orkeste, speel veral die kamermusiek 'n groot rol. As stigterslid van die Pforzheimer Oktett word sedert 1998 onder andere werke van Beethoven, Schubert, Wood en Francaix opgevoer.

In Oktober 2004 koop Gerhard Benade die plaas Deelfontein in die Vredefort Koepel en vestig vanaf 2005 weer in Suidafrika. Ook die terugkeer na die beroep as wiskundige geluk met die aanstelling as dosent aan die Noordwes-Universiteit. Sedert 2005 word op Deelfontein 'n kunstesentrum vir die aanbieding van  musiekopleidingskursusse ingerig.

In 2008 vind die eerste musiekprojek in vroeë musiek in samewerking met die sangdepartement van die Noordwes-Universiteit, met Kobie van Rensburg, en met die Aardklop Kunstefees plaas. Die eerste musikale kontakte met Antoinette Lohmann (viool) en Carin van Heerden (hobo) word gesmee. Op hierdie samewerking word jaarliks voortgebou en die vroeë musiekbeweging in die land kry daardeur groot momentum. Tot die hede vind jaarliks verskeie musiekprojekte plaas, wat deur oorsese spesialiste in historiese uitvoeringspraktyk gelei word.