Bespreek asseblief per epos,  SMS of telefoon minstens 24 uur vooraf. Die ingangshek word gesluit en daar is nòg by die  hek, nog elders op  die plaas telefoonontvangs.

 

Die padaanwysings is op die hoofblad beskikbaar. Druk asseblief die aanwysings uit en moenie op GPS alleen staatmaak nie. Daar is geen telefoniese  hulp vir verdwaaldes nie.

 

 

  Deelfontein Bergfietsroetes

Op die plaas Deelfontein, geleë in die Vredefort Koepel Wêrelderfenisgebied, lok 'n netwerk van skilderagtige plaaspaaie en uitdagende enkelspoor-fietsroetes die bergfietsryer wat in die ongerepte natuurskoon en veiligheid van hierdie natuurbewaringsgebied 140km vanaf Johannesburg wil ry. Deelfontein is 20km vanaf Parys, 14km vanaf Vredefort, en 45km vanaf Potchefstroom in die Vrystaat. Die fietsroetes sluit grondpad, plaaspaaie en enkelspoor-afsnitte in, en wissel van maklik tot hoogs tegnies. Kleedkamers met storte is beskikbaar langs die swembad.

Fietsryers is welkom om te eniger tyd by Deelfontein te kom fietsry. Aanmelding telefonies of per epos is nodig.

 

Toegang: R100 per persoon.

 

Besprekings

 

Gerhard 083 280 9784

 

Web: deelfontein.co.za

gerhard(by)deelfontein.co.za

 

Padaanwysings

 

Geriewe 

 

Op Deelfontein is daar kleedkamers, storte, braaigeriewe en  akkommodasie beskikbaar in twee gastehuise en 'n boskamp.