|
|
|
|
KonferensiesGeboue Die konferensiefasiliteite op Deelfontein bestaan uit verskeie werksruimtes in verskillende geboue. 'n Saal met verhoog (ongeveer 250 vierkante meter) bied aan 150 mense sitplek. Ses verdere kleiner en groter klankgeisoleerde groepskamers maak dit moontlik om gelyktydig met verskillende groepe te werk. Die kompleks is met twee waskamers vir mans en dames toegerus. Twee verdere seminaarkamers van 50 vierkante meter elk is in 'n naasliggende gebou beskikbaar. Vir etes en verversings is 'n toegeruste kombuis en eetkamer in die naasliggende gastehuis beskikbaar, asook braaigeriewe in 'n groot boma. Toerusting Witborde, klanktoerusting, fotokopieermasjien, dataprojektor. Vir musiekseminare is twee pyporrels, 'n konsertharmonium, 'n vleuelklavier, 3 oefenklaviere, 'n klawesimbel en 'n virginaal beskikbaar. Tariewe Die koste van die fasiliteite is afhanklik van die groepgrootte en die toerusting wat gebruik word. Kontak die eienaar vir 'n kwotasie.
|