Ander fasiliteite op Deelfontein Plaasdierbesoeke vir
kinders
Akkommodasie vir groepe tot 46 persone Musiekkampe Seminare en funksies Sterrewag
Handwerkswinkel
|
Akkommodasie vir groepe vanaf 2 tot
16.
Oom Hannes se plaashuis, in die dertigerjare van die
vorige eeu deur Oom Hannes Greeff gebou, is ‘n tradisionele plaashuis
met vyf slaapkamers, ‘n kombuis, ‘n sit-eetkamer, en ‘n stoep met uitsig
op die berge. Elke slaapkamer het twee beddens en 'n en suite badkamer
met stort.
Twee verdere buitekamers, elkeen toegerus
met drie beddens en 'n volledige badkamer met stort,
bied bykomstige verblyf. Braaigeriewe
in 'n groot boma met sitplek asook op die stoep onder dak. Die huis het
'n 230V elektriese aansluiting.
Die volgende toerusting word verskaf:
Slaapkamers:
Beddegoed, handdoeke, hangers.
Badkamers:
Seep, toiletpapier.
Sit/eetkamer:
Gemakstoele, tafels met tafeldoeke, stoele.
Kombuis:
Gasstoof met vier branders en oond, yskas, vrieskas,
elektriese ketel, koffiemasjien. Volledige eetgerei.
Opwaskamer:
Dubbelopwasbak, opwasbenodigdhede.
Braai-area:
Braaiplek in boma en op stoep onder dak. Roosters en
braaigereedskap.
Veilige parkering onder bome.
Naaste inkoopgeleentheid: Vredefort (14 km) en Parys (20
km).
Die volgende is nie beskikbaar nie:
Televisie, braaihout, telefoonontvangs, skoonmaakdiens. Geen maaltye
word voorsien nie; bring asseblief alle kos en drank self.
|
Besprekings
Gerhard Benade
Tel: 083 280 9784
gerhard(by)deelfontein.co.za
Inligting
Tariewe:
R280 pppn
(Gastehuise)
R250 pppn (Rondawel)
R180 pppn (Hutte)
R100
pp (Dagbesoekers)
Afslag: 25%
(minimum 6 persone, 2 dae)
Midweekafslag: 50%
(minimum 6 persone, 3 dae)
Deposito: 50%
met
bespreking.
Kansellasiefooie:
4 weke, 50% van deposito
2 weke, volle deposito
Web: deelfontein.co.za


|
|
|