Ander fasiliteite op Deelfontein Plaasdierbesoeke vir
kinders
Akkommodasie vir groepe tot 46 persone Musiekkampe
Seminare en funksies Sterrewag Handwerkswinkel
|
Akkommodasie vir 2 tot 11 persone.
Oom Kosie se plaashuis, in die sestigerjare van die
vorige eeu deur Oom Hannes Greeff gebou en lank deur Oom Kosie Pienaar
bewoon, is ‘n ruim vierslaapkamerhuis met twee badkamers, ‘n groot
kombuis, ‘n groot eetkamer, ‘n sitkamer, en ‘n stoep met
uitsig op die berge. Elke slaapkamer is met twee enkelbeddens en
ingeboude kaste toegerus. Drie verdere buitekamers met een bed elk het
eie badkamers. Langs die 15 m swembad is kleedkamers met verdere
toilette en storte, sowel as die braaigeriewe onder dak. Die huis is
voorsien met 230V elektriese aansluiting.
Die volgende toerusting word verskaf:
Slaapkamers:
Beddegoed, handdoeke, hangers.
Badkamers:
Seep, toiletpapier.
Sitkamer:
Gemakstoele.
Eetkamer:
tafels met tafeldoeke, stoele, 2 bedientafels.
Kombuis:
Gasstoof met vier plate en oond, yskas, vrieskas, elektriese ketel,
koffiemasjien. Volledige eetgerei.
Opwaskamer:
Dubbelopwasbak, opwasbenodigdhede, wasmasjien.
Braai-area:
Rooster en braaigereedskap. Plastiek-tuinstoele.
Veilige parkering onder bome.
Naaste inkoopgeleentheid: Vredefort (14 km) en Parys (20
km).
Die volgende is nie beskikbaar nie:
Televisie, braaihout, telefoonontvangs, skoonmaakdiens. Geen maaltye
word voorsien nie; bring asseblief alle kos en drank self.
|
Besprekings
Gerhard Benade
Tel: 083 280 9784
gerhard(by)deelfontein.co.za
Inligting
Tariewe:
R280 pppn
(Gastehuise)
R250 pppn (Rondawel)
R180 pppn (Hutte)
R100
pp (Dagbesoekers)
Afslag: 25%
(minimum 6 persone, 2 dae)
Midweekafslag: 50%
(minimum 6 persone, 3 dae)
Deposito: 50%
met bespreking.
Kansellasiefooie:
4 weke, 50% van deposito
2 weke, volle deposito
Webadres: deelfontein.co.za


|
|
|