Ander fasiliteite op Deelfontein Plaasdierbesoeke vir
kinders
Akkommodasie vir groepe tot 46 persone Musiekkampe
Seminare en funksies Sterrewag Handwerkswinkel
|
Akkommodasie vir 2 persone alleenlik.
Die rondawel op Deelfontein bevind hom langs die
sterrewag en musiekseminaarkamers. Dit bestaan uit 'n woonkamer, kombuis
en badkamer op die grondverdieping, en 'n dubbelbed in die grasdak wat
oor die woonkamer uitkyk en met 'n leer bereik word. Gaste moet mobiel
wees! Die kombuis is met 'n wasbak, tweeplaat-gasstoof, 'n kroegyskas en
eetgerei toegerus. Die rondawel is voorsien met 230V elektriese
aansluiting.
Die volgende toerusting word verskaf:
Slaapkamers:
Beddegoed, handdoeke, hangers.
Badkamers:
Seep, toiletpapier.
Sit/eetkamer:
tafel met tafeldoek, stoele.
Kombuis:
Wasbak, gasstoof met twee plate, yskas met vriesafdeling. Volledige
eetgerei vir twee persone.
Braai-area:
Rooster en braaigereedskap. Plastiek-tuinstoele.
Veilige parkering onder bome.
Naaste inkoopgeleentheid: Vredefort (14 km) en Parys (20
km).
Die volgende is nie beskikbaar nie:
Televisie, braaihout, telefoonontvangs, skoonmaakdiens. Geen maaltye
word voorsien nie; bring asseblief alle kos en drank self.
|
Besprekings
Gerhard Benade
Tel: 083 280 9784
gerhard(by)deelfontein.co.za
Inligting
Tariewe:
R280 pppn
(Gastehuise)
R250 pppn (Rondawel)
R180 pppn (Hutte)
R100
pp (Dagbesoekers)
Afslag: 25%
(minimum 6 persone, 2 dae)
Midweekafslag: 50%
(minimum 6 persone, 3 dae)
Deposito: 50%
met bespreking.
Kansellasiefooie:
4 weke, 50% van deposito
2 weke, volle deposito
Webadres: deelfontein.co.za


|
|
|