|
|
|
![]()
Bespreek asseblief per epos, SMS of telefoon minstens 24 uur vooraf. Die ingangshek word gesluit en daar is nog by die hek, nog elders op die plaas telefoonontvangs.
Die padaanwysings is op die hoofblad beskikbaar. Druk asseblief die aanwysings uit en moenie op GPS alleen staatmaak nie. Daar is geen telefoniese hulp vir verdwaaldes nie.
|
Beplan u roete aan die hand van die beplanningskaart. Die staproetekaart kan hier afgelaai word, of op Google Maps tydens die staproete besigtig word. 'n Beskrywing van die sirkelroetes is hier beskikbaar. Raadpleeg die webwerf www.hikinginthedome.co.za vir meer inligting, en volg die aanwysings vir bespreking op daardie webwerf indien u vir 'n oornagstaptoer wil bespreek. ONS VRA OM VERSKONING DAT HIERDIE INLIGTING TANS NIE BESKIKBAAR IS NIE. DIE KAARTE EN WEBWERF WORD OPGEDATEER. DIE ROETES IS EGTER STEEDS IN GEBRUIK. GEBRUIK DIE KONTAKBESONDERHEDE HIERNAAS. Aanmelding: Voorafbespreking is noodsaaklik. Bespreek asseblief beide daguitstappies en oornagstaptoere met eerste oornagting op Deelfontein by die eposadres hiernaas. Indien u 'n oornagstaptoer met eerste oornagting by Thwane of Baskop wil bespreek, raadpleeg asseblief die webwerf www.hikinginthedome.co.za. Tariewe: R100 per persoon vir daguitstappies. Die fasiliteite vir piekniek, braai en swem by die boskamp is by die prys ingesluit. Vir oornagstaptoere bedra die tarief R180 per persoon per nag.
|
|